Baden-Baden

Baden-Baden

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Baden-Württemberg
 Koördinate 48°46′N 8°14′E / 48.767°N 8.233°O / 48.767; 8.233
 Stigting 80 n.C.
 Stadstatus Omstreeks 1250
 Oppervlak:  
 - Totaal 140,21 vk km
 Hoogte bo seevlak 161 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2009) 54 494[1]
 - Bevolkingsdigtheid 388,7/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat[2]
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,5 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 0,9 / 18,1  °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 1 166 mm
 Burgemeester Margret Mergen (CDU)
 Amptelike Webwerf www.baden-baden.de

Baden-Baden is 'n stad in die weste van die Duitse deelstaat Baden-Württemberg. Die stad het veral danksy sy mineraalbaddens internasionale bekendheid verwerf en is vandag 'n gesogte toeristebestemming met 'n internasionale kulturele lewe asook die setel van 'n kasino, kunsgalerye en mediamaatskappye. Naas die Duitse afdeling van die Duits-Franse kulturele televisiekanaal ARTE het ook die Suidwes-Duitse Uitsaaikorporasie SWR een van sy hoofkwartiere in Baden-Baden.

Tot in 1931 is die stad net Baden genoem. Ter onderskeiding van ander gelyknamige stede soos Baden naby Wene in Oostenryk en Baden in Switserland is Baden amptelik hernoem tot Baden in Baden, 'n verwysing na sy ligging in die voormalige groothertogdom en landsdeel Baden. Nogtans is uiteindelik die oorspronklike naam met die toevoegsel -Baden as amptelike benaming gekies nadat dit al in die 19de eeuse omgangstaal van sy bewoners gebruiklik was.

  1. (de) Statistik Baden-Württemberg Geargiveer 21 Mei 2011 op Wayback Machine
  2. (de) www.klimadiagramme.de – Baden-Baden-Geroldsau

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search